WOW Spelfees / Redenaars / ATKV-Spelathon

 

Redenaars

Die redenaars het vanjaar met entoesiasme deelgeneem. Tydens die ATKV Redenaarskompetisie se streeksuitdunne het Megan-Lee Pretorius, SJ Wessels, Erhard van den Berg en Renské Bruwer in die Junior Afdeling deelgeneem en Anlu Keeve, Menické Engelbrecht, Carol-Ann Koekemoer en Marissa Wessels in die Senior Afdeling. 

Menické het deurgedring na die halfeindrondte: Vrystaat.    Baie geluk!

ATKV Spelathon

Ons neem vanjaar vir die eerste keer deel aan hierdie kompetisie.  Slegs twee leerders in graad 8 en twee in graad 9 mag deelneem aan die provinsiale kompetisie. Tydens die Vrystaatuitdunne behaal leerlinge die volgende uitslae: 

Graad 9

Lucille Carmen Bray – 2de

Nkite Pretorius – onder Top 10

Graad 10

Lumé v/d Merwe – 3de

Annabella Zitzké – onder Top 10

Baie geluk aan Lucille Carmen Bray wat deurdring na die finaal te Leeuwenhof Akademie (Germiston)  op 28 Oktober 2017

WOW-Spelfees

 Taal is eie aan menswees en daarom is dit van kardinale belang om dit reg te verstaan, te praat, te skryf en te spel.

Ons skool neem vir die derde keer deel aan die WOW-spelfees wat geloods word deur die Universiteit van Stellenbosch

Dankie aan die groot getal leerlinge wat aan die distrikskompetisie deelgeneem het.  Die volgende leerlinge dring deur na die Provinsiale rondte te Bloemfontein:

Graad 8

Jeané Engelbrecht

Graad 9

Lucille Carmen Bray, Janké Crots, Nkite Pretorius & Tahlita Landman

Graad 10

Annabella Zitské, Anri Muller, Lumé v/d Merwe, Amy van Biljon, Eliana du Toit. Anja v/d Merwe & Marissa Wessels   

Tydens die provinsiale rondte behaal die volgende leerlinge plekke in die Vrystaat

Graad 9

Lucille Carmen Bray (2de), Janké Crots (7de) & Tahlita Landman (6de)  

Graad 10

Annabella Zitské (7de), Anri Muller (6de), Lumé v/d Merwe & Amy van Biljon (10de) & Anja v/d Merwe  (5de)    

Lucille Carmen Bray dring deur om op 21 Oktober 2017 aan die Nasionale kompetisie te Stellenbosch te gaan deelneem.  Baie geluk en sterkte!