Vakinligting

Rooiskool se vakkeuse is wyd genoeg om enige studierigting of beroep te volg.

Ons bied die volgende vakke aan:

Verpligte vakke: 
Afrikaans
Engels
Wiskunde of Wiskundige Geletterdheid
Lewensoriëntering

Keuse vakke: vanaf graad 10

Rekeningkunde
Lewenswetenskappe
Fisiese Wetenskappe 

Besigheidstudies

Ingenieursgrafika en Ontwerp

Rekenaartoepassingstegnologie
Gasvryheidstudies
Toerisme

Die vakkeuse word volgens leerders se behoeftes bepaal.

Verpligte gratis ekstra Wiskunde en Fisiese Wetenskapklasse word aangebied.

Ekstra vakke: (na ure)

Gevorderde Program Wiskunde

Dramatiese Kunste                  

RTT (Rekenaartoepassingstegnologie)

#PERSONEELTROTS

Tydens die Departement van Onderwys – Fezile Dabisdistrik se “Well done function” het Rooiskool se onderwysers met toekennings in hul onderskeie vakke weggestap.   Rooiskool ontvang ook goue beker vir 2017 uitslae.

Mnr Willem Schutte – Rekeningkunde,   Mev Wilneldi Olivier – CAT,   Mev Suzelle Strydom – Gasvryheid

Afwesig – Mej Marlene Rautenbach – Skeinat