Tennis

Rooies het vroeg in die jaar weer aan die Fichardtpark Sportdag te Bloemfontein gaan deelneem.  Daar was sterk spanne, maar ons het goeie tennis gespeel en was waardige opponente. 

Ons spanne het goed tydens ligawedstryde van die Fezile Dabi-streek gevaar.  Rooies wen 9 uit hul 12 wedstryde (o.a. teen KHS, Parys, Viljoenskroon & Heilbron).  Ons is veral trots op ons 0/15-dogters wat hulle liga gewen het! 

Die volgende spelers is vir die Fezile Dabi-span gekies:

0/19’s: Anne-Marie Behrens & Liesie Ungerer

0/17’s:Danica van Zyl, Lettie van Zyl, Heinrich Boshoff, Jaco Theron, Joos Theron, Werner Vergottini & Jamie van Wyk

0/15’s: Johané van Coller,  Christelle van Zyl, Jané Vorster, Anrické Scriven, Lucille Bray, Edrich Slabbert & Devon Jordaan

Die volgende spelers het die Fezile Dabi-span te Klerksdorp in Augustus verteenwoordig:

0/17’s:  Christelle van Zyl, Johané van Coller, Jaco Theron & Joos Theron 

0/15’s:  Jané Vorster & Anrické Scriven

Dankie aan mnr. Danie van Wyk en personeel, veral Manopi, vir ons bane se versorging voor wedstryde. Baie dankie aan mev. Wilna Kriel en Marie van Zyl en ander ouers met toesighulp tydens wedstryde, veral tydens die Klerksdorp-toernooi.  Rooies is trots op elkeen van julle!