Jukskei

Daar is 8 Rooiskoolleerlinge ingesluit in spanne van die Noord-Vrystaat wat aan die SA Junior Kampioenskappe in die Desembervakansie deelgeneem het.

Petrus van der Linde, Jan Schoonraad, Sophia Rademeyer en Annica van Staden is opgeneem in die Vrystaat Provinsiale spanne wat aan die SA Provinsiale Kampioenskappe deelgeneem het.

Rooies se eerste seunspan het ook as wenners van die provinsie die Vrystaat verteenwoordig tydens die 2016 Skoolsport Kampioenskap in Durban. Jan Schoonraad en Petrus van der Linde was die dubbelspan wat tweede geëindig het en silwer medaljes verower het. Die span het ook algeheel derde geëindig. Hulle is dus as die derde beste 0/19-seunspan in Suid-Afrika gekroon!

Jan is ook opgeneem in die SA Top 5 0/19-seunspan wat in Namibië deelgeneem het en die toets teen Namibië gewen het. Hy het volle Proteakleure verwerf. Wat ’n mooi prestasie –baie geluk, Jan! Ons is ook trots op Petrus wat in die SA 0/16-span opgeneem is.

Baie dankie aan ons afrigters, Alewyn en Deidré Smit, wat vir ons ‘n reuse taak as afrigters verrig.