Atletiek

IN VRYSTAATSPAN NA SA KAMPIOENSKAPPE:

Rooiskool spog vanjaar met 7 atlete wat aan die SA Skole Atletiekkampioenskappe in Durban gaan deelneem. Twee atlete Helené Wegemoed en Mia van Oudtshoorn gaan ook aan die SA Jeug en Junior Atletiekkampioenskappe in Kaapstad deelneem.

Voor: Lucian Bekker S o/17 Verspring, Wian Viljoen S o/17 100m
Agter: Hanu Visagie S o/15 Hammergooi, Helené Welgemoed D o/19 100m en Verspring, Lou-Ann Swart D o/19 Spiesgooi, Mia van Oudtshoorn D o/19 Gewigstoot en Skyfwerp, Amy van Biljon D o/17 Verspring

Vrystaatatlete na SA Skole Kampioenskappe

FEZILE DABI KAMPIOENSKAPPE     

Rooiskool eindig in die algehele tweede plek naas Sasolburg Hoërskool.

Top 10 prestasies:

Mia van Oudtshoorn behaal die 2de plek in die gewigstoot met 932 punte en die 6de plek in diskus met  884 punte.

Rooies verower 59 medaljes:  26 goud, 26 silwer en 12 brons

Fezile Dabi Atletiekbyeenkoms Presteerders

Vrystaat Interhoër Kampioenskappe

Rooiskool se atletiekspan eindig 8ste in die Vrystaat tydens die Interhoërbyeenkoms. Totale medaljestand van 26 - 6de meeste medaljes van al die skole.

Top 50 beste prestasies van byeenkoms: 

Mia van Oudtshoorn behaal 'n algehele 14de plek (Gewigstoot D o/19 met 12.94m) en 'n algehele 26 ste plek (Skyfwerp D o/19 met 41.27m)

Rooiskool se  0/16- en 0/19-meisies aflosspanne het elk 'n silwer medalje gewen.