Rugby

Die Rooies het vanjaar (2017) skitterende rugby gespeel – voorwaar ‘n seisoen waarop ons ondersteuners baie trots is!  Die eerste span het agt vriendskaplike wedstryde gespeel waarvan hulle slegs een verloor het. Tydens die Aprilvakansie is Rooies ook aangewys as die wenners van die Vryheidtoernooi.  Wat die liga betref, het die eerste span uitstekend gevaar deur die liga die tiende keer te wen!

Baie geluk aan die volgende spelers wat gekies is om die provinsiale spanne te verteenwoordig:

Griffons 0/15-Rhinospan

Henro Hattingh, Juandré Nel, Zander Pelser

Griffons 0/16-VKB-span

Franna van Niekerk, Janes van Rooyen, Reon Vosloo, Zander Smith

Griffons 0/17-Rhinospan

Jaco Theron, Noël Els

Griffons 0/16-Flaminke

Joos Theron, Christiaan Welgemoed, Zehan Westraadt

Griffons 0/19-span

G.J. Burger, Wayne Engelbrecht

Griffons 0/18-Akademiespan

Heinrich Boshoff, Jannie Crous, Marius Liebenberg, Edlee (Valie) Wiggens, Dian du Bruyn, Martin Heyns

Griffons Cravenweek

Brendan (Chappies) v/der Walt, D.J. Hattingh

Die Rooiskool bedank alle ondersteuners wat die wedstryde so getrou bygewoon het, asook alle borge, persone en instansies wat verskeie bydraes gelewer het.  ‘n Woord van opregte dank aan alle afrigters – hulle bydraes word opreg waardeer.  Aan al die graad 12-spelers:  sterkte met jul toekoms – mooi loop