Netbal

Ons het ‘n goeie netbalseisoen gehad en ons is trots op ons meisies en hulle afrigters.

  •  3 Spanne is deur na die Vrystaatbeker, hulle is die 0/15A, 0/16A en ons Eerstespan.                               

Vrydag 8 Junie het ons spanne vertrek na Bloemfontein om die groot spanne te gaan aandurf tydens die Vrystaatbeker. Die bus was maar stil, want die senuwees was baie!

Daar gekom het die 0/16 en 0/19 spanne elk twee wedstryde gespeel. Die 0/19’s het vasgeval met 37-27 teen Voortrekker en 43-35 teen Goudveld. Die wedstryde was hard, maar elke meisie het haar hart uitgespeel. Die 0/16’s het ongelukkig teen Witteberg verloor en so amper Fichartpark gewen, maar ongelukkig met 11-7 verloor.

Saterdag 9 Junie het ons 0/19’s Oranje gehad en was dit ‘n grooot wedstryd. Ons het verloor, maar mooi en harde netbal was dit nie te min. Die o/16’s het Welkom Gim gespeel en verloor.

Die o/15’s het by Fichardtpark aan die Motsepe Cup deelgeneem en het teen Goudveld, Sentraal en Voortrekker gespeel maar verloor. Elkeen het aanhou veg tot die einde. Ons is steeds baie #trots dat 3 van ons spanne onder die top 10 spanne in die vrystaat geëindig het.

Danika v Tonder, Zaskia Muller, Johannie van Loggenberg, Su-mari Lues en Johanné van Coller was deur na die Fezile Dabi proewe waarna  Johanné van Coller is gekies as lid van die Vrystaatspan.