Meisies Hokkie

Die Rooiskool se dogtershokkie het ‘n goeie jaar beleef.  Gedurende die Aprilvakansie woon die eerste, 0/16A- en 0/14A-spanne klinieke te Potchefstroom by.  Hier is waardevolle voorbereiding vir die seisoen gedoen. Die volgende spelers is vir verteenwoordigende spanne gekies: 

0/18 Kobra-span 

Clarissa de Jonge & Amy van Biljon

 

Fezile Dabi-spanne

 0/14 A-span:  Jané Vorster  

0/16 A-span:  Johané van Coller  

 

Noord-Vrystaatspanne

 0/14 B-span: Zaskia Muller & Anricke Scriven

0/16 B-span:  Palesa Mahlatsi

0/18 B-span:  Liané (Kleintjie) van Schalkwyk

Baie geluk aan die eerste span wat die Fezile Dabi-liga wen!  Hulle het in Bloemfontein gaan speel om die Vrystaat-wenners te bepaal en eindig 4de!   Die 0/16 A-, 0/14 A-, derde en 0/16 B-spanne eindig tweede in die Fezile Dabi-liga terwyl die tweede span 3de eindig. 

Baie dankie aan elke speler, afrigter, ondersteuner en veral aan ons borge wat ‘n groot sukes van die hokkieseisoen help maak het.