Afrikaans-Ekspo

Afrikaans-Ekspo Internasionaal:

Ons leerders het in 2016 weereens geblom. Die hoogtepunt is beslis ons drie nasionale Kategoriewenners nl. Engeli Nel, Petria Liebenberg & Carmen Basson! Engeli is die wenner van twee kategorieë, nl. Afrikaanse liedjie en Storieboek (97%). Sy behaal ook twee silwer toekennings in die Afrikaanse liedjie afdeling en vier silwer en een goud in die afdeling Poësie.

Petria en Carmen is ook kategoriewenners in die afdeling Afrikaanse liedjie. In die Poësie-afdeling behaal Petria een goud en een silwer. Merlin Fourie se inskrywing in die Skilderkuns afdeling slaan ‘n silwer los terwyl Jolize Kleingeld twee silwer toekennings verower in die afdeling Kortverhale.

 

 

 

Onthou

Lirieke deur Petria Liebenberg
Gekomponeer deur Carmen Basson