Seuns Hokkie

Vanjaar se hokkieseisoen het afgeskop met ‘n paar voorseisoen wedstryde teen verskillende spanne buite ons streek.  Die eerste seunshokkiespan het gedurende die Aprilvakansie ‘n kliniek te Stellenbosch bygewoon.  Hier het die span teen sterk kompetisie meegeding.  Tydens die kliniek is daar net op Astro-velde geoefen waar die spelers goeie selfvertroue en nuwe vaardighede opgebou het.

Ons speel in die Fezile Dabi-liga en die Griffons-liga en weens uitstekende

voorbereiding verloor ons in die Griffons-liga net een wedstryd!

Ons is opgewonde oor die seunshokkie en hoop dat ons net meer kan bou op die sterk fondasie wat ons reeds gelê het.

Baie geluk aan Attie Crous wat vir die 0/14 Fezile Dabi-span gekies is.

Baie geluk aan elkeen van die spelers wat vanjaar goed presteer het en wat getrou elke oefening bygewoon het.  Baie dankie ook aan elke ouer en die borge wat ons gehelp het om die seisoen suksesvol te maak.