Gholf 

Noord-Vrystaat Hoërskoleliga

In die A-afdeling was Rooies een van ses spanne en in die B-afdeling een van nege spanne wat meegeding het om die NVS Skole Gholfskild.  In die A-afdeling het ons die botoon gevoer en die NVS-skild gemaklik verower.  Puik prestasies is deur die spelers, Gé-Rico Muller (kaptein), WJ Oosthuizen, Matthew Deyzel en Noël Els, gelewer. Ons is trots op hierdie span wat vanjaar die NVS Hoërskole gholfkampioene is!  Baie geluk!

In die B-afdeling het dit aan die begin van die liga moeilik gegaan met ’n span wat nie altyd voltallig was nie.  Na drie ligas het die B-span nog sewende gelê, maar  na ’n pragtige terugvegpoging het hulle in die algehele derde plek geëindig.  Spelers in die B-span was Luigi de Crescenzo, Werner Vergottini, Henro Slabbert en Jandré du Plessis.  Dankie vir julle positiewe bydrae!!  

Die afgelope 5 jaar het Rooies 4 keer as NVS Kampioene uit die stryd getree – wat ’n puik prestasie! Gé-Rico-is ook tydens die prysuitdeling as individuele NVS-Kampioen gekroon met ’n gemiddeld van 36,75.  Met die aankondiging van die NVS-Hoërskole Gholfspan het drie van Rooies se spelers die span gehaal, nl. Gé-Rico (kaptein), WJ Oosthuizen en Noël Els.  Baie geluk!

Provinsiaal

Gé-Rico Muller en WJ Oosthuizen  het aan die Hex Seshoekige-toernooi (te George) deelgeneem nadat hulle vir die Vrystaat gholfspan gekies is.  Beide spelers is na afloop van die Vrystaat Junior-toernooi ingesluit in die Vrystaatspan wat aan die gesogte SA Interprovinsiale-toernooi (IPT) in Desember te Oos-Londen gaan deelneem. Gé-Rico is ook deur SAGA (Suid-Afrikaanse Gholf Assosiasie) uitgenooi om aan die  SA Boys U/19 te gaan deelneem. 

Borge

Baie dankie aan SERNICK (Carel Serfontein) vir hulle groot bydrae wat dit moontlik gemaak het dat ons spelers so goed kon presteer.  Dankie ook aan elke speler en ouer vir hul positiewe bydraes deur die jaar.  Die laaste eer aan ons Skepper, wat ons met al die talent geseën het en ons altyd veilig na en van ons bestemming geneem het.