GELDE VIR 2018
Skoolgelde: R11 880 per kind per jaar.
Die eerste PAAIEMENT van die skoolgeld moet aan die begin van die jaar betaal word indien u
nie die volle bedrag in een som betaal nie. Reëlings vir verdere afbetalings oor die spesifieke termyn
van die ander paaiemente kan by die finansiële kantoor getref word.
Skoolgelde soos goedgekeur op ‘n ouervergadering is deur almal betaalbaar. Kwytskelding of
gedeeltelike kwytskelding geskied nie outomaties nie. Ouers wat kwytskelding verlang, moet skriftelik
aansoek doen.
Skriftelike bewys van inkomste moet voorgelê word indien u vrystelling volgens die Onderwysdepartement
se norme verlang. ( Betaalstate, balansstate of ‘n inkomstebelastingaanslag moet dus jaarliks voorgelê
word en afskrifte moet op lêer gehou word.) Die finansiële komitee besluit finaal daaroor.
Koshuistariewe: R5400 per kwartaal per kind
Let wel: Koshuisaansoeke moet vroegtydig ingegee word, aangesien daar beperkte plek is.
SKOOLTYE:
Maandae tot Vrydae: 07:30 tot 13:40
Skool open om 08:00 slegs op die eerste skooldag van die jaar, andersins altyd 07:30
SKOOLKLERE: by Rellings beskikbaar
Seuns/Somer Grys kortbroek Kortmou-skoolhemp soos voorgeskryf Swart skoolskoene Skoolkouse | Dogters/Somer Maroen skoolromp soos voorgeskryf Kortmou-skoolhemp Swart skoolskoene met brugband Wit sokkies |
Seuns/Winter Grys langbroek Langmou-skoolhemp soos voorgeskryf Skooldas Maroen trui met skoolwapen Kleurbaadjie Swart skoolskoene Skoolkouse | Dogters/Winter Dieselfde skoolromp as vir die somer Langmou-skoolhemp Skooldas Maroen trui met skoolwapen Kleurbaadjie Swart skoolskoene met brugband Lang swart kouse |