Uitslae en Prestasies

Rooiskool matrieks uitslae 2017.

Ons Hemelse Vader was weereens vir Rooiskool baie goed.  Rooiskool se personeel, leerlinge en ouers het een groot gemeenskaplike poging aangewend om van die Matriekuistlae ‘n sukses te maak.  Elke leerder se prestasie was groot in sy /haar eie oë;  of dit was om deur te kom of ‘n handvol onderskeidings te behaal of om Baccalaureusvrystelling te kry – Rooies is TROTS op julle!.

Enige leerder kan met vrymoedigheid sy/haar hoërskoolloopbaan by Die Afrikaanse Hoërskool  Kroonstad begin en voltooi het. Rooies was en is nog altyd een van die toonaangewende skole in die Vrystaat.

Rooiskool behaal 100% slaagsyfer na die hereksamen in Maart.

33 van 76 leerlinge  behaal  Baccaleureusvrystelling.

42 leerders behaal vrystelling vir Diplomastudies.

Rooies se top 5 is as volg

1. Lurika de Jager het 8 onderskeidings (Afr HL, Eng FA, Wisk, LO, Fis Wet, L Wet, Gasvry, Alpha Wisk)

2.  Carli van Tonder behaal 7 onderskeidings.(Afr HL, Eng FA , LO , Besigheid, Rek, CAT, Drama.)

3.  Anna-Marie Behrens behaal 6 onderskeidings(Eng FA, Wisk, LO, Fis Wet, L Wet, Rek)

4.  Eileen Kleynhans behaal 5 onderskeidings.(Afr HL, LO, Fis Wet, L Wet, Rek)

5.  Merlin Fourie en Jesse Jansen van Vuuren behaal elk 4 onderskeidings.

Ons is besonder trots op ons top 5 leerders wat vanaf graad 8 tot 12 DIE top 5 presteerders in hulle graad was!

Hanri Hendriks, Wilri Jacobs, Zoë Kriel, Mia van Oudtshoorn elk 3 onderskeidings.

Juvan Beyers, Wicus Buitendach, WJ Oosthuizen, Julani Smit, Sané Stoman behaal elk 2 onderskeidings.

21 leerders behaal 1 onderskeiding elk.

Lurika de Jager
Carli van Tonder
Anne-Marie Behrens
Eileen Kleynhans
Merlin Fourie

Akademie is ons TROTS…

AKADEMIESE TOER & TOP 5-ETE

 30 September – uiteindelik het die dag aangebreek!  Met ‘n ysige windjie wat die oggend waai, het ons die lang pad aangedurf.  Hartenbos is lekker ver!  Ons het dus by ‘n paar plekke langs die pad gestop.  Meiringspoort was een van dié plekke en dit was asemrowend!   Nadat ons deur die droë Karoo is, het die ware mooiheid van die Wes-Kaap ons getref. 

Na ‘n lang dag se ry is ons beloon met die pragtige Hartenbos!  Ons kinders het soveel tyd as wat ons kon op die strand spandeer – soms om te swem of om sommer in die son te bak. 

Die onderwysers het vir ons verskillende aktiwiteite beplan, soos om die Kango-grotte te besoek waar ons besef het dat dit beslis nodig is om van engtevrees ontslae te raak!  Redberry farm, waar ons ons eie aarbeie kon pluk en eet, was ook ‘n groot lekkerte.

En toe was dit weer die groot trek huis toe. Die bussies is half vyf die oggend met aansienlik minder entoesiasme gepak en dit was sommer doodstil in die busse – niemand was lus om die see vir die Vrystaat agter te laat nie!  Maar ons is terug, uitgerus na die vakansie met nuwe stories om te vertel.

Baie dankie aan die onderwysers en kinders vir ‘n onvergeetlike toer – ek is seker nie een van ons gaan dit gou vergeet nie! 

TOP 5-ETE

 Tydens die prysuitdelingsfunksie word die akademiese prestasie van die afgelope drie kwartale beloon. Die laaste eksamen in November tel 75% van die slaagsyfer van die jaar vir graad 8 – 11’s.  Daarom bied ons vroeg in die jaar die Top 5-ete aan waartydens die 5 top leerders in elke graad vir die hele jaar se prestasies beloon word.  Dié aand is verseker ’n baie mooi hoogtepunt in ons akademiese jaar.  Die jaar het die leerders ’n Safari-ete gehad en Spaski (Johan Geldenhuis) het vir hulle meer oor Kroonstad en sy besienswaardighede geleer.